Attraction Type:
ABOUT US
Luitenant Pieter Jacobus Wolfaardt (32) op hierdie dag voor n vuurpeloton gesterf te Middelburg.
Pieter was nie n man vir stilsit nie. Sy dapperheid het dikwels aan roekeloosheid gegrens. Hy was as Kaapse rebel aan moord en poging tot moord skuldig bevind.Dit is n feit dat hy tydens n geveg etlike Britse soldate tromp-op doodgeskiet het,en op etlike ander gevuur het. Slegs nadat hy self gewond was, en die bloed oor sy gesig gestroom het is hy tot oorgawe gedwing.
Die doodsvonnis was oor hom, sowel as Ltter op die 11de Oktober te Middelburg uitgespreek. Sy vrou het hom in die tronk besoek. In die sel het sy begin huil, en het hy haar getroos. Hy het haar die versekering gegee dat alles met hom wel is, en dat hy gereed is om te gaan.Hy was geblinddoek en op n stoel vasgemaak.Sy laaste woorde was gewees,Veilig in Jesus se arms. Op Middelburg staan n stoel-monument, opgerig ter ere van hom en Ltter. Die bewoording daarop lees, Wat beteken hierdie klip vir julle?








